In die begin was die web maklik, verbind, oop, en veilig. Ontwerp as 'n fors vir die goeie, sou dit iets veel groter word. 'n Lewende ekosisteem in diens van mensdom. 'n Publieke hulpbron vir innovasie en geleenthede. 'n Plek om jou drome te bou. In die vroëe dae soos met enige ekosisteem het die web koestering benodig. Soos dit gegroei het, is gebruikers met nuwe uitdagings gekonfronteer: 'pop-ups' virusse te kort aan keuse. Bemuurde tuine van inhoud. Die web was geraam. Dit was stadig, kompleks en vreesaanjaend. Gebruikers het begin vra: Is dit dit? Of kan die web iets beters wees? 'n Klein groep mense; kodeerders, ontwerpers en idealiste het geglo dit kon. Hulle het 'n gewaagde idee gehad. Dat 'n klein nie-winsgewende en globale gemeenskap iets beters kan bou, en so nuwe idees en innovasie op die web kan laat versprei. Hulle het dit die Mozilla Projek genoem. Hulle het begin deur 'n nuwe tipe webblaaier te ontwerp wat ons vandag ken as Firefox. Hulle het dit n nie-winsgewende een gemaak sodat dit altyd die mense wat die web gebruik eerste plaas. Dit was meer as net sagteware. Dit was 'n platvorm wat enige iemand kon gebruik om hulle idees uit te bou. Die irritasies is verminder. Die fondasies van die web soos ons dit vandag ken het begin verskyn. Nou, is die web 'n plek waar jy amper enige iets kan bou. wat jy kan verbeel. Mozilla en Firefox bestaan om mens oral te help om hierdie geleentheid te kan gebruik. Ook om op te staan vir gebruikers in 'n wêreld waar keuse en kontrole te gereeld in dwang kom. MAAR. Wat as firefox net die begin was? Wat as dit deel van iets GROTER was? Van gebruikers privaatheid tot firefox mobile tot apps tot identiteit, verskuif ons die grense van die web elke dag. en ons gaan veel verder as sagteware. Ons help om 'n generasie van webbouers te bou. Ons glo die web is 'n plek waar enige iemand hulle drome kan bou. Dis hoekom ons Firefox maak. Dis hoekom tienduisende mense help om ons produkte te bou. Dis hoekom honderde miljoene mense oor die wereld ons sagteware gebruik. Mees belangrik hoekom ons jou eerste plaas, en opstaan teen die wat dit nie doen nie. Miljoene ken ons as Mozilla Firefox, maar ons is soveel meer... Ons is n nie-winsgewende organisasie wat veg om die web wat ons almal lief het te beskerm. Word deel van ons. Ons kort jou ondersteuning. Maak 'n donasie vandag.